Vrugtekoek-pavlova met bloubessieroomys

Vrugtekoek-pavlova met bloubessieroomys
Vrugtekoek-pavlova met bloubessieroomys
Print Recipe
Ek hou van die idee dat almal sommer self vir hulle nagereg aanmekaar kan slaan. Die vrugtekoekresep is Arina se ma s’n en ek bak dit al met groot sukses vir die afgelope drie jaar. Merengue-resepte is volop of kan sommer gekoop word. Die roomysresep het ek op Tjaila Tyd op RSG gehoor toe ek die Hexriviervallei in ry na my terugkeer uit die Vrystaat na die laaste feesseisoen. Ek maak dit gereeld en dit is wonderlik lekker. Verdubbel net die resep vir meer roomys.
Servings Prep Time
6-8 mense 10 minute

Ingredients
  • 2 eiers geskei
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 teelepel vanieljepoeier of vanielje-ekstrak
  • 500 ml room
  • 1 pakkie bloubessies of enige ander bessies in seisoen
Instructions
  1. Meng die eiergeel, vanielje en kondensmelk saam.
  2. Klits die eierwitte tot sagte pieke vorm.
  3. Klits die room tot net-net styf en meng dan alles saam.
  4. Skep in ’n plastiek roomysbak en gooi laastens die bessies in sodat hulle self in die mengsel insak.
  5. Vries oornag.
  6. Dis glad nie nodig om dit weer te meng nie.
  7. Ek het my roomys met eendeiers gemaak wat dit net nog romeriger maak. Ek het al ook stukkies vrugtekoek en neute in die mengsel gegooi op die einde en dit smaak dan net soos Italiaanse cassata.