Tamatiesop

Tamatiesop
Tamatiesop
Print Recipe
Ek moet eerlik sê dat wanneer dit by soppe kom, jy my kan omkoop met ’n lekker tamatiesop. Ek is mal oor die diep rooi smaak daarvan en dis altyd heerlik op ’n koue wintersnag. Ek sit sommer gebraaide gerolde boerewors-frikadelle in die sop vir ’n lekker vleiserigheid. Die sop is baie lekker en vinnig om voor te berei en kan baie lekker gevries word. Dit werk ook baie goed as ’n basis vir pastasouse.
Servings Prep Time
6 - 8 mense 20 minute
Cook Time
40 minute

Ingredients
  • 1 kg vars tamaties in die helfte gesny
  • 2 groot uie gekap
  • 2 eetlepels Clover botter
  • 1 eetlepel Prince Albert Olives-olyfolie
  • 1 rooi brandrissie gekap
  • 2 huisies knoffel gekap
  • 2 blikke geblikte tamaties
  • 125 ml songedroogde tamaties
  • 100 g tamatiepasta
  • 2 eetlepels NOMU Italian Rub
  • 250 ml aangemaakte NOMU-groenteaftreksel
Instructions
  1. Indien moontlik, maak ’n lekker warm vuur met kole of hout en braai en skroei die vars tamaties in ’n toeknyp-rooster andersins rooster die tamaties op ’n oondpan vir ongeveer 20 minute teen 200 grade celsius.
  2. Braai intussen die uie goudbruin in die botter, voeg die gekapte rissie by, roer goed deur en voeg laastens die knoffel by.
  3. Gooi nou die geblikte, songedroogte en geroosterde tamaties saam in die pot en voeg ook die tamatiepasta, NOMU Italian Rub en aangemaakte groente-aftreksel by en kook vir ten minste 10 minute saam.
  4. Gebruik ’n voedselverwerker en puree die sop tot glad.
  5. Bedien die sop met vars kruie, gerookte feta, olywe en repies songedroogde tamatie.