22 Dec Rooibostee-gegeurde tamatiesop met spekboom-lamsrib
Hierdie resep herinner aan die Italiaanse Panzanella-slaai en is iewers tussen ’n slaai en ’n sop. Die lekkerte is dat dit ewe suksesvol koud of warm bedien kan word. Dit is die eerste keer wat ek spekboomblare saam met lam gebruik en die effense suur smakie werk wonderlik by hierdie gereg. Dit is bietjie gekompliseerd en gaan ’n tydjie neem om te maak maar dit is die moeite werd en kan al ’n dag voor die tyd berei word.
Servings | Prep Time |
6-8 mense | 30 minute |
Cook Time |
90 minute |
|
|
|
Hierdie resep herinner aan die Italiaanse Panzanella-slaai en is iewers tussen ’n slaai en ’n sop. Die lekkerte is dat dit ewe suksesvol koud of warm bedien kan word. Dit is die eerste keer wat ek spekboomblare saam met lam gebruik en die effense suur smakie werk wonderlik by hierdie gereg. Dit is bietjie gekompliseerd en gaan ’n tydjie neem om te maak maar dit is die moeite werd en kan al ’n dag voor die tyd berei word.
|
Ingredients
Tamatiesop
- 1 eetlepel botter
- 1 eetlepel olyfolie
- 2 groot wit uie gekap
- 2 knoffelhuisies gerasper
- 1 klein rooi rissie opsioneel
- 2 blikke (400g elk) tamaties
- 2 pakkies (50g elk) tamatiepuree
- 250 ml hoenderaftreksel
- 5 sakkies rooibostee
- 1 teelepel rookekstrak
Lamsrib
- 1 800g - 1kg lamsrib ontbeen
- sout en peper
- 1 koppie spekboomblare
- 1 handvol vinkelblare gekap
- 2 koppies witwyn
- 2 koppies lamaftreksel
- 2 uie grof gekap
- 5 takkies roosmaryn
- tou
Om te bedien
- Tamatiesop
- Geroosterde Ciabatta
- Vars basiliekruid
- Komkommer-spaghetti
- Geroosterde klein rooi en geel tamaties
- Wiggies bokmelkkaas
- lamsrib
Instructions
Tamatiesop
- Verhit n lekker diep braai pan, voeg botter en olyfolie by, en braai uie tot goudbruin.
- Voeg die knoffel en rissie by en roer goed deur.
- Voeg nou die res van die bestanddele almal by en kook goed deur vir omtrent 20 to 25 minute.
- Verwyder die teesakkies en plaas die tamatiesop in ’n voedselverwerker en meng tot glad.
- Skep uit en laat afkoel.
Lamsrib
- Plaas die lam met die vel na onder op ’n skoon werksoppervlak.
- Geur met sout en peper.
- Strooi die gekapte vinkel bo-oor die lam en werk dit in die vleis in met jou hande en strooi die spekboomblare bo-oor. Kneus die blare effens terwyl jy dit in die vleis in werk.
- Rol die lamsrib op en bind met tou vas om maklik in porsies te sny later.
- Plaas die rib in n oondpan en giet die wyn en aftreksel bo-oor asook die uie en roosmaryn.
- Maak styf toe met tinfoelie en bak totdat die lam deur sag is.
- Verwyder en laat afkoel en sny die lam in porsies.
- Gooi die oorblywende sous deur n sif en reduseer die vloeistof tot omtrent ’n halwe koppie en gooi bo-oor die gesnyde lam.
Om te bedien
- Skep die sop in borde, plaas die brood in die middel met die vars basiliekruid en komkommer-spaghetti bo-op asook die tamaties, bokmelkkaas en laastens die gerolde lamsrib.
- Geur met sout en peper.