Pampoenpoffers met malva- en perskeskilsous
Hierdie resep is oorspronklik van Marinda Engelbrecht wat saam met my op Kokkedoor 1 in 2013 was. Die poffers suig gulsig die sous op en die innoverende sous is regtig besonders. Die proses is lekker vinnig en jy kan die pampoen vir die mengsel al die dag voor die tyd kook en fyn maak om dinge makliker te maak. Vir ekstra kleur en tekstuur bedien ek die pampoenkoekies met klein kleurvolle wortels.
Servings Prep Time
6-8mense 30 minute
Cook Time
20minute
Servings Prep Time
6-8mense 30 minute
Cook Time
20minute
Ingredients
Pampoenpoffers
  • 750ml gaar, fyn pampoen
  • 2 eiers
  • 5ml sout
  • 500ml bruismeel
  • 15ml bakpoeier
  • 500ml olievir diepbraai
Sous
  • 1handvol suurlemoenmalva-blara
  • 500ml suiker
  • 200ml water
  • 125ml melk
  • 30ml botter
  • sout
  • 10ml maizena
  • 1 nektarien
Instructions
Pampoenpoffers
  1. Meng al die bestanddele saam en bak lepels vol in die warm olie.
  2. Skep uit op handdoekpapier om oortollige olie te dreineer.
Sous
  1. Gooi die blare, water, suiker en melk saam in ’n pot, bring tot kookpunt en laat verder oor ’n matige hitte prut vir omtrent 20 minute om die geur uit die blare te trek. Kneus die blare deurentyd met n houtlepel.
  2. Skep die blare nou uit en voeg by die sout, botter en maizena (aangemaak met ’n bietjie melk).
  3. Skil die perske en sny dit in dun repies. Voeg die repies by die sous.
  4. Giet die sous bo-oor die pampoenpoffers of skep lepels vol bo-oor en bedien met klein kleurvolle geblansjeerde wortels.