08 May Pampoenpoffers met lemoen- en tiemiestroop
Die oorspronklike resep kom van Marinda Engelbrecht wat saam met my op Kokkedoor was en daar is net niks op hierdie aarde lekkerder as hierdie resep nie. Ons het die sous aangepas en Theresa de Vries van Brandvlei het aanbeveel om ’n bietjie tiemie saam met die sous te kook. Die resultaat is lekker verby! Ons het die pampoenkoekies op hulle eie bedien asook saam met ons bobotie en lamspastei. Die poffers kan ook lekker vries en weer vinnig warm gemaak word.
Lekker kook en eet!
Servings | Prep Time |
18-20 poffers | 30 minute |
Cook Time |
30 minute |
|
|
|
Die oorspronklike resep kom van Marinda Engelbrecht wat saam met my op Kokkedoor was en daar is net niks op hierdie aarde lekkerder as hierdie resep nie. Ons het die sous aangepas en Theresa de Vries van Brandvlei het aanbeveel om ’n bietjie tiemie saam met die sous te kook. Die resultaat is lekker verby! Ons het die pampoenkoekies op hulle eie bedien asook saam met ons bobotie en lamspastei. Die poffers kan ook lekker vries en weer vinnig warm gemaak word.
Lekker kook en eet!
|
Ingredients
Poffers
- 750 ml gar pampoen fyngemaak en afgekoel
- 2 ekstra groot Windmeul Eiers geklits
- 5 ml sout
- 500 ml SASKO bruismeel
- 15 ml bakpoeier
- 500 ml B-Well Canola Olie
Sous
- 500 ml suiker
- 250 ml water
- gerasperde skil en sap van twee lemoene
- 5 takkies tiemie gestroop
- 125 ml CLOVER volroom melk
- 50 ml Clover botter
- sout
- 10 ml mielieblom
Instructions
Poffers
- Meng die pampoen, eiers en sout en meng goed, sif dan die meel en bakpoeier oor die mengsel en meng goed deur.
- Bak lepelsvol van die beslag in warm olie en bak tot gaar. Dreineer op handdoekpapier.
Sous
- Kook die suiker, water en lemoenskil, sap en tiemie saam totdat die suiker opgelos is.
- Voeg die melk en botter by en laastens die mielieblom aangemaak met ’n bietjie melk.
- Giet warm bo oor die pampoenpoffers.