Maklike Volstruisbobotie

Maklike Volstruisbobotie
Maklike Volstruisbobotie
Print Recipe
Hierdie is ’n heerlike maklike resep vir Volstruisbobotie en ons het dit met groot sukses bedien tydens die KKNK 2017. Dit was eers lekker toe die koue op ons toesak en mense beginne trooskos soek. Ons het die bobotie bedien met ’n tamatie-en-uie-sambal, komkommer raita, sultana- en rosyne-blatjang en natuurlik lekker borrierys. Hierdie gereg ook lekker om aan te pas as jy groot hoeveelhede mense moet kos gee, is kleurvol, stel nooit teleur nie en is lekker vir sakpas kook en onthaal tydens die herfs- en wintermaande. Geniet!
Servings
4 mense
Cook Time
20 minute

Ingredients
Volstruisbobotie
  • 2 groot wit uie gekap
  • 2 eetlepels Clover botter
  • 1 eetlepel Prince Albert Extra Virgin Olive Oil
  • 2 huisies knoffel gerasper
  • 500 g volstruismaalvleis
  • 2 snye SASKO witbrood
  • 125 ml CLOVER volroom melk
  • 2 ekstra groot Windmeul-eiers
  • 1 teelepel NOMU Indian Rub
  • 2 eetlepels Rajah flavourful and mild-kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • 125 ml Safari-vrugtekoekmengsel
Borriegegeurde SPEKKO Basmati Rys
  • 1 koppie SPEKKO Basmati-rys
  • 2 eetlepels Clover botter
  • 1 teelepel borrie
  • 1 koppie Safari-vrugtekoekmengsel
Instructions
Volstruisbobotie
  1. Stel die jou oond op 180 grade celsius.
  2. Braai nou die uie saam in die pan met die Clover-botter en die Prince Albert-olyfolie tot goudbruin en voeg dan die knoffel by en roer goed deur. Voeg nou die volstruismaalvleis by en braai tot gaar, haal van die hitte af laat afkoel en rus.
  3. Week nou die brood in die melk en voeg die eier by en meng alles tot fyn.
  4. Gooi nou die res van die bestanddele almal saam en meng goed deur.
  5. Skep in oondvaste bak en maak die vla aan.
  6. Meng 125 ml Clover-room saam met 1 Windmeul-eier en 1 teelepel borrie en giet bo-oor die bobotie. Bak vir ongeveer 20 tot 25 minute in die oond tot vla geset en gerooster is en die bobotie goed deur gaar is.
Borriegegeurde SPEKKO Basmati Rys
  1. Week die rys in water vir ongeveer 20 minute en dreineer. Kook ongeveer 1,25 liter water en kook die geweekte rys vir 5 minute en dreineer.
  2. Smelt die botter en die borrie saam en giet bo oor die rys asook die vrugtekoekmengsel en roer liggies deur, geur met sout en hou warm tot bedien word.