Lourier en growwe geelmeel-aartappels in eendvet gebraai

Lourier en growwe geelmeel-aartappels in eendvet gebraai
Lourier en growwe geelmeel-aartappels in eendvet gebraai
Print Recipe
Daar is niks wat vir my so lekker is soos aartappels wat in lepels vol sagte eendvet gaargemaak is nie. Dit is deesdae oral beskikbaar en die geur van die lourierblare en gebraaide vet is genoeg om enige persoon huistoe te laat verlang. Die ekstra-growwe geelmeel gee dit ’n heerlike tekstuur en sit my sommer dadelik terug in die Oos-Vrystaat waar ek groot geword het.
Servings Prep Time
6-8 mense 20 minute
Cook Time
30-40 minute

Ingredients
  • 8-10 medium aartappels
  • 8-10 louriertakkies driekwart skoongemaak
  • 200 ml eendvet
  • sout en peper
  • 1 koppie growwe geelmeel
Instructions
  1. Skil en kook die aartappels in soutwater totdat ’n messie net-net ingaan.
  2. Skep uit en laat afkoel.
  3. Gebruik ’n dikkerige sosatiestokkie en druk ’n gat deur die lengte en die middel van die aartappel om plek te maak vir die lourier takkie en druk dan die takkies saggies deur.
  4. Wees versigtig om nie die aartappel te laat breek nie.
  5. Smelt die eendvet en rol die aartappels daardeur en rol dan deur die growwe geelmeel.
  6. Plaas in ’n oondpan, geur met sout en peper, en giet die res van die eendvet bo-oor.
  7. Bak vir ongeveer 30 tot 40 minute of totdat die aartappels goudbruin en bros is.
  8. Ek is mal oor die tekstuur van die growwe meel so ek stooi sommer so deur die bakproses nog ń bietjie meel oor.