Lamsblad-slaai

Lamsblad-slaai
Lamsblad-slaai
Print Recipe
Ek is en was nog altyd ’n slaai-liefhebber. Maar die gawe soort. Iemand het eenkeer gesê dat geen suinige mens ’n toebroodjie moet maak nie, en ek voel dieselfde oor ’n slaai. ’n Lekker slaai moet teksture hê en ek is mal oor ’n souserigheid by my slaai. Hierdie lamsblad-slaai het ons met groot sukses by Die Windpomp bedien tydens KKNK 2017. Die helder kleure van die granate en vye asook die versuikerde beet maak hierdie slaai ook ’n fees vir die oog. Die vleis was natuurlik afkomstig van Karusaf en is stadig gerooster in die oond met Nomu se lekker lamaftreksel. Die lekker van hierdie vleis is dat die hele blad gaargemaak kan word en dan gebruik kan word deur die week soos benodig. Die slaai is heerlik saam met lekker vars brood en is wonderlik vir onverwagte gaste.
Servings Prep Time
6-8 gaste 35 minute
Cook Time
2 ure

Ingredients
  • 1,2 kg Karusaf-lamslad
  • 50 ml Prince Albert Olives-olyfolie
  • sout en peper
  • 500 ml aangemaakte NOMU lam-aftreksel
  • 500 ml witwyn
  • 1 pak gemengde slaaiblare
  • 20 g vars koljander
  • 20 g Vars basiliekruid
  • sap en skil van een suurlemoen
  • 75 ml Prince Albert Olives-olyfolie
  • 1 teelepel NOMU Lamb Rub
  • 1 koppie vars granaatpitte
  • 10 vye vars of geblik
  • 1 komkommer in spaghetti-repe gesny
  • 3 tot 4 gestreepte bete of gewone ingelegde beet
  • 125 ml B-Well Creamy Gourmet Mayonnaise aangemaak met 1 eetlepel gekapte ingemaakte beet
Instructions
  1. Stel jou oond op 180 grade Celsius en vryf die blad in met olyfolie, sout en peper en plaas in ’n oondvaste skottel of oondpan, giet die aftreksel en die wyn in die pan, bedek met deksel of swaargewig-foelie en bak vir omtrent ’n uur en ’n half tot twee ure totdat die vleis van die been af kom en heerlik sag is. Laat afkoel en trek die vleis in repies vir die slaai, bêre die res in die yskas of vries in porsies vir maklike verdere gebruik.
  2. Maak ’n vinnige slaaisous deur ’n paar koljander en basiliekruid blare fyn te kap en te meng met die olyfolie en suurlemoensap en -skil, asook ’n teelepel NOMU-lamspeserye.
  3. Sit nou die slaai aanmekaar met die repies lam, blare, komkommer, granate, vye, slaaisous en beetgegeurde mayonnaise.