Kudu-burger
Om wildsvleis te gebruik vir ’n burger is ’n lekker alternatief en het wonderlik vir ons by die jaar se KKNK gewerk. Die Windpomp kon omtrent nie voorbly met hierdie gewilde gereg nie en ons het dit ook as ’n ontbyt-alternatief bedien met repies spek en gebraaide eier. Die wildsvleis was ook goedkoper as normale beesvleis so die gereg werk lekker as ’n randrekker en kan ook maklik die skares kos gee. Vir ekstra lekkerte maak die frikadelle op die vuur gaar en bedien met soetpatat-skyfies as ’n alternatief. Die lekkerste van die lekkerste was dan natuurlik die askoek waarop die burger bedien is. Tant Nellie het omtrent geknie om voor te bly met die askoek en vetkoeke en hier is haar resep.
Servings Prep Time
8-10burgers 30minute
Cook Time
15minute
Servings Prep Time
8-10burgers 30minute
Cook Time
15minute
Ingredients
Frikadelle
  • 1kg kudu of beesmaalvleis
  • 500g vark maalvleis
  • 2groot rooi of wit uiegekap
  • 60g pietersieliegekap
  • 100g tamatiepasta(2 pakkies)
  • 1 wortelgerasper
  • 1koppie SASKO-broodkrummels
  • 2ekstra groot Windmeul-eiers
  • 1eetlepel NOMU African Rub
  • 1teelepel geskroeide koljander
  • sout en peper
Askoek: Lewer ongeveer 10 tot 12 askoeke
  • 1kg SASKO-koekmeel
  • 50ml B-well Canola oil
  • 1pakkie kits droë gis
  • 1eetlepel suiker
  • 1teelepel sout
  • 450ml lou warm water
Kruie-mayonnaise
  • 1koppie B-Well Creamy Gourmet Mayonnaise
  • 2eetlepels CLOVER-ongegeurde jogurt
  • 10g vars koljandergekap
  • 10g vars pietersieliegekap
Instructions
Frikadelle
  1. Meng al die bestanddele saam en verdeel die mengsel in 10 dele, rol die frikadelle en draai in kleefplastiek toe en laat rus in die yskas vir ten minste ’n uur. Braai die frikadelle in ’n pan met bietjie olie of op die oop vuur tot medium gaar en laat rus.
  2. Bedien die burgers met groen blare, komkommer-spaghetti, gekaramaliseerde uie en ’n kruie-mayonnaise bo-op ’n askoek.
Askoek
  1. Gooi die meel in die middel van ’n lekker groot mengbak en maak ’n holte in die middel. Plaas die gis, suiker, olie en sout daarin en meng liggies in die mengsel in en vorm weer ’n holte in die middel.
  2. Gooi die water bietjie vir bietjie in die middel van die holte en begin dit stadig in die meel inwerk totdat al die water gebruik is. Knie die deeg lekker deur vir ongeveer 5 tot 10 minute totdat die deeg lekker elasties is. Maak die bak toe en bêre op ’n warm plek en laat rys tot dubbel die grootte.
  3. Haal die deeg uit en rol saggies uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot omtrent 2 cm dik. Sny in vierkante, laat weer effens rys en maak dit gaar op ’n matige kolevuur.
Kruie-mayonnaise
  1. Meng die bestanddele.