22 Dec Karoo Lamsboud met Knoffel en Boegoe-vulsel
Ek weet dat daar seker niks nuut is onder die son nie maar die idee van die smaak van boegoe en lam het homself kom tuismaak in my gedagtes toe ek hierdie spyskaart uitgewerk het. Daar is ook nie vreeslike verwysing op die internet nie. So groot was my opgewondenheid toe ek die eerste happie neem en besef hier het iets spesiaals gebeur! Ek rooster dan die boud weer na gaarmaak in ’n krans van roosmaryntakke en konfettibos (wat soos tiemie gebruik kan word).
Servings | Prep Time |
6-8 mense | 10 minute |
Cook Time |
90 minute |
|
|
|
Ek weet dat daar seker niks nuut is onder die son nie maar die idee van die smaak van boegoe en lam het homself kom tuismaak in my gedagtes toe ek hierdie spyskaart uitgewerk het. Daar is ook nie vreeslike verwysing op die internet nie. So groot was my opgewondenheid toe ek die eerste happie neem en besef hier het iets spesiaals gebeur! Ek rooster dan die boud weer na gaarmaak in ’n krans van roosmaryntakke en konfettibos (wat soos tiemie gebruik kan word).
|
Ingredients
- 1 groot lamsboud
- 10 knoffelhuisies
- 1 koppie boegoeblare
- sout en peper
- 1 halwe handvol koljanderkorrels geskroei
- 1 bottel goeie witwyn
- 4 uie in kwarte gesny, met die skil
- 500 ml lamaftreksel Ek gebruik Nomu
- Paar takkies roosmaryn en konfettibos
Instructions
- Maak lekker diep kepe in die vleis met ’n dun skerp messie en stop met die knoffel en boegoeblare.
- Vryf die boud in met lekker sout en peper en die geskroeide koljander.
- Plaas in ’n diep oondskottel en gooi die wyn en aftreksel bo-oor en sit die uie saam in.
- Bak vir omtrent ’n uur en ’n half of totdat die vleis sag genoeg is om met ’n piering te sny.
- Haal uit en laat afkoel.
- Gooi die oorblywende souse deur ’n sif en kook af tot omtrent een koppie vloeistof oor is.
- Vleg die krans van roosmaryn en konfettibos en sit dit in ’n oondvaste bak.
- Sny die vleis in skywe en plaas in die middel van die krans.
- Gooi die pansouse oor en bak verder vir omtent 10 tot 12 minute dat dit deur warm kan word.