02 May Karoo-Lamsbladpastei met kruiekors

Dié lamspastei was ons topverkoper tydens die KKNK 2017 by die Windpomp Restaurant Teater. Die mense het omtrent weggelê aan dié gereg en ons het dit voorgesit met lemoengegeurde pampoenkoekies en koljandergegeurde gebakte aartappelwiggies. Nie net kom die vleis vir hierdie gereg diep uit die Karoo van Williston af nie, maar dit is ook met liefde bewerk deur Karusaf.
My vriendin Theresa de Vries van Brandvlei het ook raad gegee met die kors en ons het ’n bietjie ekstra kruie bygesit wat die kors ’n heerlike sagte geur gegee het. Met die seisoene wat besig is om te draai, is pasteie beslis heel bo-aan my lys van herfs geïnspireerde geregte.
Die lamsblad van Karusaf is ook heerlike vleis om mee te werk en ons gaan in die volgende maand nog resepte deel wat spesifiek fokus op hierdie heerlike snit van die lam.
Lekker kook en lekker eet!
Servings | Prep Time |
4 mense | 45 minute |
Cook Time |
2,5 uur |
|
|
![]() |

Ingredients
Vulsel
- 1 lamsblad sowat 1,2kg
- 50 ml Prince Albert Olives-olyfolie
- 500 ml NOMU-hoenderaftreksel
- 500 ml witwyn
- 5 takkies roosmaryn gestroop of gedroog
- 5 takkies tiemie gestroop of gedroog
- 2 groot uie grof gekap
- 2 huisies knoffel gerasper
- 4 wortels in blokkies gesny
Kruieblaardeeg
- 500 g SASKO-koekmeel
- 1 t sout
- 1 t kremetart
- 1 t NOMU Italian Rub gedroog
- 350 g Clover botter
- 600 ml yswater of sodawater
Instructions
Vulsel
- Maak die olyfolie warm in ’n groterige braai pan en braai die lamsblad mooi bruin aan alle kante. Haal uit en plaas in ’n groot oondvaste skottel of braaipan. Hou die pan en oorblywende sous vir die braai van die uie. Giet die aftreksel en wyn bo-oor die vleis en gooi die roosmaryn en tiemie by.
- Seël die bak met foelie of plaas die deksel op en bak in die oond teen 180 grade vir een en ’n half tot twee ure, tot sag.
- Verwyder uit die pan en laat afkoel.
- Terwyl die lamsblad in die oond rooster, braai die uie in die pan tot bruin, voeg die knoffel by en dan die wortels. Braai saam en voeg dan die oorblywende pansouse by en verminder die sous met die helfte. Haal af en laat afkoel.
- Trek nou die vleis uitmekaar uit met twee vurke om rafeltjies te vorm. Voeg by die uie en sousmengsel en skep in ’n oondvaste skottel of pastei pan.
Kruieblaardeeg
- Meng droë bestanddele en rasper die botter daarin. Roer die botter met jou vingers deur die meel, maar moenie dit invryf nie. Maak aan met yswater of sodawater deur die helfte in te gooi en dan die res bietjie vir bietjie in te meng tot alles bymekaar kom. Druk saam om ’n bol te vorm. Moenie die deeg knie nie. Laat rus in yskas vir 1 uur of oornag. Rol uit en verf eier oor voor jy dit bak.