05 Jul Innibos Winter Wildsvleis Burger
Om wildsvleis te gebruik vir ’n burger is ’n lekker alternatief en is nou, tydens die jagseisoen, nogals vryelik beskikbaar. Dit kan ook as ’n ontbyt-alternatief voorgesit word met repies spek en ’n gebraaide eier. Wildsvleis is ook goedkoper as normale beesvleis so die gereg werk lekker as ’n randrekker en kan ook maklik die skares kos gee. Maak die frikadelle vir ekstra lekkerte oor die kole gaar en bedien met soetpatat-skyfies as ’n alternatief.
Servings | Prep Time |
8-10 burgers | 30 minute |
Cook Time |
15 minute |
|
|
|
Om wildsvleis te gebruik vir ’n burger is ’n lekker alternatief en is nou, tydens die jagseisoen, nogals vryelik beskikbaar. Dit kan ook as ’n ontbyt-alternatief voorgesit word met repies spek en ’n gebraaide eier. Wildsvleis is ook goedkoper as normale beesvleis so die gereg werk lekker as ’n randrekker en kan ook maklik die skares kos gee. Maak die frikadelle vir ekstra lekkerte oor die kole gaar en bedien met soetpatat-skyfies as ’n alternatief.
|
Ingredients
Innibos Winter Wildsvleis Burger
- 1 kg wildsvleis van jou keuse (Kudu werk baie lekker)
- 500 g varkmaalvleis
- 2 groot rooi of wit uie gekap
- 60 g pietersielie gekap
- 100 g tamatiepasta (2 pakkies)
- 1 wortel gerasper
- 1 koppie SASKO-broodkrummels
- 2 ekstra groot eiers
- 1 eetlepel NOMU Coffee Rub
- 1 teelepel geskroeide koljander
- sout en peper
Gerookte Feta-mayonnaise
- 4 sakkies rooibostee
- 1 teelepel suiker
- 2 wiggies feta kaas
- 1 ekstra groot eier
- 1 eetlepel nat mosterd
- sap van ’n halwe suurlemoen
- 1 teelepel droë tiemie
- + - 250 ml canola-olie
Rooiwyn-, sjokolade- en pepersous
- 500 ml lekker rooiwyn
- 1 teelepel growwe swartpeper
- 2 x 100 g blokke donkersjokolade
Instructions
Innibos Winter Wildsvleis Burger
- Meng al die bestanddele saam en verdeel die mengsel in tien dele, rol die frikkadelle en draai in kleefplastiek toe en laat in die yskas rus vir ten minste ’n uur. Braai die frikkadelle in ’n pan met ’n bietjie olie of op die oop vuur tot medium gaar en laat rus.
- Bedien die burgers met groen blare, komkommer-spaghetti, gekaramaliseerde uie en ’n kruie-mayonnaise bo-op ’n askoek.
Gerookte Feta-mayonnaise
- Rook die Feta met die rooibostee en suiker in ’n roker of in ’n pot uitgevoer met foelie. Laat afkoel en krummel.
- Plaas die eier, mosterd, suurlemoensap en tiemie in ’n voeselverwerker of versapper en meng goed. Gooi nou die olie stadig by totdat dit begin verdik. Voeg dan die gekrummelde Feta by en geur met sout en peper.
Rooiwyn-, sjokolade- en pepersous
- Gooi die rooiwyn in die pan waarin die burgers gaargemaak is en bring tot kookpunt. Gooi die sjokolade en peper by asook en kook oor matige hitte tot dik - ongeveer 10 tot 12 minute.