Geroosterde Hoender- en Boneslaai

Geroosterde Hoender- en Boneslaai
Geroosterde Hoender- en Boneslaai
Print Recipe
Hierdie slaai het heerlik gewerk by Die Windpomp tydens KKNK 2017 en was veral gewild op die warm dae en tydens middagete. Geroosterde hoender is altyd ’n goeie ding om in die yskas te hê en kan op soveel lekker maniere gebruik word en selfs die bene kan weer ’n aftreksel mee gekook word. Ek koop gewoonlik sommer ’n klaar geroosterde hoender. In hierdie slaai maak ek ’n lekker kombinasie met Imbo-nierbone wat ’n wonderlike stapel voedsel is en wat enige gereg kan rek. Dit is ook super bekostigbaar en kan ’n lekker aanvuller wees vir ’n hele paar geregte. Ons bedien die slaai met vars blare en ook ’n lekker B-well Creamy Gourmet kruie-mayonnaise.
Servings
6-8 mense
Cook Time
45 minute

Ingredients
  • 250 ml IMBO wit nierboontjies
  • 250 ml IMBO klein witboontjies
  • 20 g vars basieliekruidblare
  • 20 g vars koljanderblare
  • 75 ml Prince Albert Olives-olyfolie
  • 150 ml B-Well Creamy Gourmet Mayonnaise
  • 50 ml groen kruiepesto
  • 1 pak gemengde slaaiblare
  • komkommer
  • 1 geroosterde hoender in repies
Instructions
  1. Laat staan die bone oornag in 1 liter koue water elk. Dis belangrik om nie sout by te gooi nie anders kook die bone nie sag nie. Kook die volgende dag vir ongeveer 20 tot 25 minute lank totdat die bone sag maar nie pap is nie. Dreineer en laat afkoel.
  2. Kap die helfte van die basieliekruid en koljander en meng saam met die olyfolie, meng nou saam met die bone en geur met sout en peper.
  3. Meng die groen kruiepesto met die mayonnaise.
  4. Sit nou die slaai aanmekaar deur die blare onder in ’n groot opdienbak te sit, volg met komkommerlinte, gekruide bone, hoenderrepies, en pesto-mayonnaise geur met sout en peper.