21 Dec Eendlewerpatee
I am text block. Click edit button to change this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.
I am text block. Click edit button to change this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Hierdie is eintik ’n vreeslik eenvoudige resep wat net so maklik met hoenderlewers as met eendlewers gemaak kan word. Die eendlewer gee wel ’n heerlike ryk en romerige tekstuur en smaak aan hierdie dis en dit voel sommer net soos Kersfees. Bedien die patee op papierdun roosterbrood met stukkies groen vye.
Servings | Prep Time |
40 happies | 40 minute |
|
|
![]() |
Hierdie is eintik ’n vreeslik eenvoudige resep wat net so maklik met hoenderlewers as met eendlewers gemaak kan word. Die eendlewer gee wel ’n heerlike ryk en romerige tekstuur en smaak aan hierdie dis en dit voel sommer net soos Kersfees. Bedien die patee op papierdun roosterbrood met stukkies groen vye.
|
Ingredients
- 250 g botter
- 1 eetlepel olyfolie
- 1 groot ui gekap
- 500 g eendlewer
- 2 knoffelhuisies gerasper
- 125 ml KWV Brandewyn
- 5 lourierblare
- 5 takkies tiemie driekwart gestroop
Instructions
- In n braaipan, maak die helfte van die botter en die olyfolie warm en braai die uie tot goud bruin.
- Voeg die eendlewers by en braai oor ’n matige hitte tot ’n sagte bruin kleur vir omtrent 8 tot 10 minute.
- Voeg die brandewyn en knoffel by en roer goed deur totdat die brandewyn warm is.
- Steek dit aan die brand en flambé die lewers totdat al die vlamme geblus is.
- Strooi die lourierblare en tiemie oor en gooi die res van die botter by, en kook stadig oor ’n matige hitte vir omtrent 15 tot 20 minute totdat die eendlewers lekker sag is.
- Skep die lourierblare uit en plaas die lewers in n voedselverwerker en meng tot glad.
- Skep die patee uit in n bakkie en laat afkoel.
- Wenk: Seël die patee met n lagie gesmelte botter om te verhoed dat dit verkleur.