Biltongpastei
Die winter wil nou maar net nie uit die lug nie en dan raak ek mos net lus vir kook en eet: botterige skilferkorsdeegpasteie met lekker vulsels. Ek het gister die heerlikste geskenk van my nuwe bure hier by Stasiestraat ontvang. Hulle winkeltjie se naam is Big Belly’s Biltong en maak die lekkerste biltong, droëwors en dinge. My sussie stuur toe sommer vinnig-vinnig uit die Vrystaat vir my die maklike resep vir ‘n biltongpastei. Dis fantasties! Ons proe dit toe sommer ook met ‘n glas KWV The Mentors Orchestra.
Servings
1pastei, of 6 kleintjies
Servings
1pastei, of 6 kleintjies
Ingredients
  • 1rol skilferkorsdeeggekoop
  • 1koppie kaasgerasper
  • 1koppie biltongnat en vetterig
  • 2sirkels fetakaasgekrummel
  • swart peperna smaak
  • 4 eiers
  • 375ml roomsaam met eiers geklits
Instructions
  1. Voorverhit die oond tot 180 grade celsius.
  2. Voer pannetjies of bak met skilferkorsdeeg uit.
  3. Sprinkel kaas, fetakaas en biltong bo-oor, en giet die eier mengsel oor.
  4. Bak vir ten minste 25 minute in pannetjies en tot 1 uur vir ‘n groot pastei.
  5. Bedien met ‘n lekker groenslaai en pesto.