30 Sep Biltongpastei met feta

Die winter wil nou maar net nie uit die lug nie en dan raak ek mos net lus vir kook en eet: botterige skilferkorsdeegpasteie met lekker vulsels. Ek het gister die heerlikste geskenk van my nuwe bure hier by Stasiestraat ontvang. Hulle winkeltjie se naam is Big Belly’s Biltong en maak die lekkerste biltong, droëwors en dinge. My sussie stuur toe sommer vinnig-vinnig uit die Vrystaat vir my die maklike resep vir 'n biltongpastei. Dis fantasties! Ons proe dit toe sommer ook met 'n glas KWV The Mentors Orchestra.
Servings |
1 pastei, of 6 kleintjies |
|
|
![]() |

Ingredients
- 1 rol skilferkorsdeeg gekoop
- 1 koppie kaas gerasper
- 1 koppie biltong nat en vetterig
- 2 sirkels fetakaas gekrummel
- swart peper na smaak
- 4 eiers
- 375 ml room saam met eiers geklits
Instructions
- Voorverhit die oond tot 180 grade celsius.
- Voer pannetjies of bak met skilferkorsdeeg uit.
- Sprinkel kaas, fetakaas en biltong bo-oor, en giet die eier mengsel oor.
- Bak vir ten minste 25 minute in pannetjies en tot 1 uur vir 'n groot pastei.
- Bedien met 'n lekker groenslaai en pesto.