Karoo-Lamsbladpastei met kruiekors

Karoo-Lamsbladpastei met kruiekors
May 2, 2017
Tamatiesop
May 4, 2017

Dié lamspastei was ons topverkoper tydens die KKNK 2017 by die Windpomp Restaurant Teater.  Die mense het omtrent weggelê aan dié gereg en ons het dit voorgesit met lemoengegeurde pampoenkoekies en koljandergegeurde gebakte aartappelwiggies. Nie net kom die vleis vir hierdie gereg diep uit die Karoo van Williston af nie, maar dit is ook met liefde bewerk deur Karusaf.

My vriendin Theresa de Vries van Brandvlei het ook raad gegee met die kors en ons het ’n bietjie ekstra kruie bygesit wat die kors ’n heerlike sagte geur gegee het. Met die seisoene wat besig is om te draai, is pasteie beslis heel bo-aan my lys van herfs geïnspireerde geregte.

 

Die lamsblad van Karusaf is ook heerlike vleis om mee te werk en ons gaan in die volgende maand nog resepte deel wat spesifiek fokus op hierdie heerlike snit van die lam.

Lekker kook en lekker eet!
Read more.