Pampoensop

Pampoensop
May 4, 2017
Tamatiesop
May 8, 2017

Ons het pampoen as dekor gebruik tydens die KKNK om by te dra tot ons plaaswerf- en windpomp-tema en het dit goedgedink om ook die sop te maak. Die gaste was gaande hieroor en NOMU het vir ons die heerlikste Afrika-speserye gegee wat die sop ’n diep aardse geur gegee het. Die sop is lekker maklik om voor te berei en kan met groot sukses gevries word.

Read more

Tamatiesop
May 4, 2017
Pampoensop
May 8, 2017
Print Recipe
Pampoensop
Ons het pampoen as dekor gebruik tydens die KKNK om by te dra tot ons plaaswerf- en windpomp-tema en het dit goedgedink om ook die sop te maak. Die gaste was gaande hieroor en NOMU het vir ons die heerlikste Afrika-speserye gegee wat die sop ’n diep aardse geur gegee het. Die sop is lekker maklik om voor te berei en kan met groot sukses gevries word.
Prep Time 20 minute
Cook Time 45 minute
Servings
mense
Ingredients
  • 1 kg pampoen geskil
  • 4 eetlepels Prince Albert Olives-olyfolie
  • 2 eetlepels NOMU African Rub
  • 2 groot uie gekap
  • 2 eetlepels Clover botter
  • 2 huisies knoffel gerasper
  • 500 ml aangemaakte NOMU-hoenderaftreksel
  • 250 ml CLOVER suurroom
  • 20 g vars koljander
  • Olyfolie vir garnering

Instructions
  1. Draai oond aan tot 180 grade celsius. Gooi die olyfolie oor die pampoen en vryf die Nomu African Rub in die pampoen in en bak tot goudbruin vir ongeveer 40 minute.
  2. Braai intussen die uie bruin in die botter en voeg die knoffel laaste by en braai, gooi nou die hoenderaftreksel bo-oor sowel as die pampoen en kook saam vir 5 minute.
  3. Gebruik ’n voedelsverwerker en puree die mengsel tot ’n gladde sop en geur met sout en peper.
  4. Kap die koljander en meng met die suurroom, bedien bo-op die sop met lekker vars gebakte brood of askoek.
Share this Recipe