Melktert Kaaskoek

Melktert Kaaskoek
May 17, 2017
Die Windpomp Feesbord
May 17, 2017

Menige vernuwende resepte is al met die nederige melktert probeer en hier is ’n kaaskoek variasie wat vreeslik lekker en maklik is. Ons het tydens KKNK 2017 by Die Windpomp met ’n melktertgegeurde joghurt van CLOVER Bliss gewerk en dit was heerlik verby! Die kaaskoek word binne 3 minute gaar in die mikrogolf en enigiemand kan dit maak. As jy nog nie dié joghurt in jou area het nie gebruik vanieljegegeurde joghurt en sit ekstra kaneel by. NOMU se Sweet Rub en naeltjies, kaneel, kardamom en vanielje word mildelik bo-oor die kaaskoek gestrooi.

Lees meer.

Geroosterde Hoender- en Boneslaai
May 17, 2017
Melktert Kaaskoek
May 17, 2017
Print Recipe
Melktert Kaaskoek
Menige vernuwende resepte is al met die nederige melktert probeer en hier is ’n kaaskoek variasie wat vreeslik lekker en maklik is. Ons het tydens KKNK 2017 by Die Windpomp met ’n melktertgegeurde joghurt van CLOVER Bliss gewerk en dit was heerlik verby! Die kaaskoek word binne 3 minute gaar in die mikrogolf en enigiemand kan dit maak. As jy nog nie dié joghurt in jou area het nie gebruik vanieljegegeurde joghurt en sit ekstra kaneel by. NOMU se Sweet Rub en naeltjies, kaneel, kardamom en vanielje word mildelik bo-oor die kaaskoek gestrooi.
Servings
Ingredients
  • 1 pakkie gemmerkoekies fyngemaak
  • 75 ml botter gesmelt
  • 1 kg CLOVER Bliss Melktertgegeurde joghurt
  • 1 blikkie CLOVER kondensmelk
  • 3 eetlepels NOMU Sweet Rub
Servings
Ingredients
  • 1 pakkie gemmerkoekies fyngemaak
  • 75 ml botter gesmelt
  • 1 kg CLOVER Bliss Melktertgegeurde joghurt
  • 1 blikkie CLOVER kondensmelk
  • 3 eetlepels NOMU Sweet Rub
Instructions
  1. Meng die botter en koekies saam en druk in ’n lekker groot tertbord vas.
  2. Meng die joghurt en kondensmelk en giet in bo-oor die koekie kors.
  3. Mikrogolf op hoog vir 3 minute totdat geset.
  4. Strooi NOMU Sweet Rub mildelik bo-oor en laat set in die yskas vir ongeveer een uur.
Share this Recipe